NewsSchools

Wiskunde & Wetenskap leerders onder top 30 presteerders

Belnagstellendes in Wiskunde en Wetenskap kan gerus hier lees.

Die doel van die Wiskunde- en Wetenskap-in-Aksie is om leerders in graad 6 en 7, wat ’n besondere belangstelling in Wiskunde en/of Wetenskap het, die geleentheid te bied om aan ’n nasionale kompetisie deel te neem.

Altesaam 231 skole en 3 500 leerders het in 2017 aan dié Aksie deelgeneem.

Ses van ons leerders is aangewys as van die 30 beste presteerders in die streek (Gauteng, Mpumalanga en Limpopo).

Baie geluk aan dié graad 7-leerders: Chanré Botha, Elnette van den Berg, Anja Reyneke, Amike Jacobs en Stefan Swanepoel, asook Jayden Berry (graad 6).

Jacobs is aangewys as die top presteerder in Wetenskap in dié streek en derde beste nasionale presteerder in die Wetenskap-afdeling.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button