NewsSchools

Zwarries blink uit met syfers

Zwarries blink uit met die Afrikaanse Wiskunde Spankompetisie .

Drie gr.12-leerders van Hoërskool Zwartkop was uitgenooi om die Gauteng-Noord-streek in die 2017 ASSA Suid-Afrikaanse Wiskunde Spankompetisie (voorheen bekend as die Suider-Afrikaanse Interprovinsiale Wiskunde Olimpiade) te verteenwoordig.

Die Gauteng-Noord-spanne het teen ongeveer vyftig ander spanne van Suider-Afrika wat deelneem.

Hierdie kompetisie het by die Hatfield-kampus van die Universiteit van Pretoria plaasgevind.

Die kompetisie bestaan uit ’n vraestel wat leerders individueel moet beantwoord, asook ’n vraestel wat deur 10 leerders in spanverband beantwoord moet word.

Ons vertrou om eersdaags die uitslae te ontvang.

Hoërskool Zwartkop is voorwaar baie trots op hierdie drie slimkoppe!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button