NewsSchools

Menlopark het talent

Die leerders geniet dit om deel te neem en almal geniet die fees terdeë.

By Hoërskool Menlopark word daar jaarliks ’n kunstefees aangebied waaraan alles leerders kan deelneem.

Daar is verskeie afdelings en die deelnemers kan inskryf vir alles. Daar was hierdie jaar 25 partytjie- en teetuinkoeke, 39 instrument items, 15 dansinskrywings, twee bands, 100 foto’s, 23 herwinningsrokkies, 16 potjies, 120 kunswerke, 38 sangitems en 54 drama-inskrywings.

By die gala-aand word die beste items op die Menlo-verhoog aangebied en die kwaliteit van die items was weereens uitsonderlik. Die leerders geniet dit om deel te neem en almal geniet die fees terdeë.

Onder die items van die glans gala-aand was die volgende: Anke-Mari Wentzel het ’n rok uit bladmusiek gemaak en is as eerste prinses van die herwinningsrok-afdeling aangewys. Tanya Appelgryn se rok is met chirurgiese handskoene gemaak.

Leroux van Diemen het die gehoor betower met ’n stuk oor hoe gevaarlik die Amerikaanse Wilde Weste was en Angelene Michielsen het saam met Tiaan Kruger uitsonderlike sangitems gelewer.

Dit was waarlik ’n kunstefees van uitstaande gehalte wat almal kon geniet.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button