NewsSchools

Zwarrie-toneel dring deur na finaal te Kaapstad

Hospitaal 224 bereik nuwe hoogtes in die skool toneel wêreld.

Die toneel Hospitaal 224 van Hoërskool Zwartkop het besonderse hoogtepunte hierdie jaar bereik.

Hulle wen die Pretoria Eisteddfod-kompetisie en word as feeswenners aangewys tydens die Reza de Wet Toneelfees in Bloemfontein.

Hulle dring deur na die Top vyf tonele van die Tshwane toneelfees.

Tydens die ATKV Tienertoneelfees word hulle as naaswenners by die streekfinaal aangewys en dring deur na die ATKV Tiener Toneelfees waar hulle die afgelope vakansie in Kaapstad deelgeneem het.

Daar stap hulle weereens weg met verskeie nominasies en toekennings as beste ondersteunende akteurs en hoofrolspelers.

Hoërskool Zwartkop is uitsonderlik trots op hierdie toneelgroep wat onder die bekwame leiding en afrigting van die skool se dramaonderwyser, mnr Pieter Alberts, die pragtige prestasies behaal het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button