NewsSchools

Montana-hoofleiers gekies

Ons het volle vertroue in julle!

Hoërskool Montana se hoofleiers vir 2018 is tydens ’n glansryke byeenkoms op 12 Oktober 2017 aangewys.

Baie geluk aan die volgende leerders wat verkies is tot die Uitvoerende Raad van die Verteenwoordigende Leerderraad vir 2018: Adam Kruger en Nelanie de Villiers as die Presidente en Suné Janse van Rensburg, Jeanette Labuschagne, Genna-Lee van Niekerk, Zirk Mostert, Daniel Pautz, en Heinrich Potgieter is almal Vise-Presidente.

Hulle is gereed om voor te stap. Ons het volle vertroue in julle!

Die groep se voorneme vir 2018 is die volgende: “Ons wil ’n absolute trots kweek by die leerders vir die skool. Elke Montie moet trots voel om sy/haar skoolklere te dra. Die doelwit is om eenheid en trots te bewerkstellig sonder om dit af te dwing. Ons sien baie uit na 2018 en weet ons gaan ’n positiewe verskil maak.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button