NewsSchools

Laerskool Wierdapark Redenaars Skitter

Wat ‘n fees om ‘n besige, suksesvolle redenaarsjaar so af te sluit.

Ons redenaars het hulself weer bewys as raakpraters by die Oppie Tong Af Nasionale Redenaarskompetisie. Hierdie puik georganiseerde kompetisie het gesorg dat ons redenaars behoorlik die tonge moes laat klap om ‘n plek los te praat.

Die uitslae is as volg: Zoë Arndt (graad 4) behaal ‘n Derde plek. Jayden Berry (graad 6) en Carla Hugo (graad 7) het die gehoor vermaak en in die afdeling vir vermaaklikheidstoesprake elk ‘n eerste plek behaal.

Carla Hugo het ook die afdelings vir Voorbereid sowel as Onvoorbereid gewen. Ons spanne presteer deur die graad 6-afdeling, sowel as graad 7 Onvoorbereid te wen. Ons graad 5-span behaal ‘n tweede plek.

Wat ‘n fees om ‘n besige, suksesvolle redenaarsjaar so af te sluit.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button