NewsSchools

Parkieland kleuters het warm harte

Dit was beslis ‘n verrykende ervaring vir ons ouers en kleuters.

Die Sebraklassie van Parkieland Kleuterskool in Menlopark het op 19 Oktober Club 21 Skool in Doornkloof besoek. Hierdie skool spesialiseer in onderrig vir kinders met Down Sindroom, en het leerders tussen die ouderdomme van 2 en 27. Omdat dit ‘n organisasie is sonder winsoogmerk, is hulle afhanklik van skenkings en borge.

Die Parkieland-kleuters en hul ouers het die middag sagte speelgoed, balle en ander buitespeelapparaat vir die kinders by Club 21 geneem. Hulle het ook ‘n kontantbydrae oorhandig sodat die skool balanseerapparaat kan aankoop. Die Parkielanders was baie opgewonde toe hulle by Club 21 aankom, en was hartlik ontvang en verwelkom deur ‘n mooi lied wat Club 21 se kinders vir hulle gesing het.

Al die kinders het onder die bome en op die pragtige speelgrond saamgespeel. Dit was ‘n heerlike middag. Die Parkielanders het baie liefde en drukkies by die kinders van Club 21 ontvang. Dit was beslis ‘n verrykende ervaring vir ons ouers en kleuters. Dankie, Club 21. Hier is van links: James Brookshaw, Armand Botha, Bjorn Kruger, Elandri Grobler, Kean Erasmus, Ruan Meyer, Frederik Rademan, Ruhan van Rooy, Ben-Philip du Toit. Voor sit Ulrich Breytenbach en Madeleine Murray.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button