NewsSchools

Witpoort wen Skool met die beste gees kompetiesie

Die oggend het met 'n gedissiplineerde ontruiming afgeskop toe die noodklokkie lui.

Vrydag die 13e Oktober was allesbehalwe ‘n ongelukkige dag by Laerskool Witpoort.  Ons is GROOT FM se Laerskool met die beste gees vir 2017.  Die oggend het met ‘n gedissiplineerde ontruiming afgeskop toe die noodklokkie lui. Skielik jaag ‘n lang tou karre oor die rugbyveld. ‘n Ambulans met loeiende sirenes vooraan – en kyk ons reg? Sowaar. Die GROOT FM bussie en hul borge volg. Die ouers en onderwysers kan nie trotser wees nie. In die borskas van elke Witpoorter klop die hart van ‘n leeu. Baie geluk aan elke leerder en onderwyser vir jul ongelooflike gees. Baie dankie aan ons hoofborge; GROOT FM en Beeld Skolenuus vir jul motivering om hierdie kaalvoetkinders eendag gesoute voetspore in die samelewing te laat trap.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button