MunicipalNews

Nuwe bome vir Kerkplein te midde van bohaai

‘Hierdie ou bome was deel van Pretoria se erfenis.’

Kerkplein het hierdie week 53 nuwe bome gekry te midde van ’n bohaai oor ’n opgraderingsplan.

Die bome vorm deel van ’n projek deur BRT, sê Elmarie Linde, woordvoerder van die stad se departement van paaie en vervoer.

Die nuwe bome vervang dosyne wat die afgelope tyd verwyder is weens die ergernis van mense in die omgewing.

Linde sê hierdie projek behels die opgraderings van die busroetes.

“Dit het vereis dat ons sekere strukturele veranderinge moes aanbring, soos die verwydering en plant van bome,” sê sy.

LEES OOK: Steve sing ‘Die Stem’ op Pretoria kerkplein 

“Die bome wat verwyder is, is Celtic Africana.”

Linde sê die plantbokse sal gevul word met Bolosanthus bome.

Sy sê die projek is miljoene rand werd.

Ondernemings in en om die plein is krities oor die metro se planne om die plein op te gradeer.

Die eienaar van Café Riché, Lame Ebersohn, sê die ou bome is verlede week sonder waarskuwing afgekap.

“Ons voel dit was ’n onsensitiewe aksie omdat hierdie bome deel van Pretoria se erfenis is.”

Foto: Ron Sibiya

Ebersohn sê hierdie is maar net een van die probleme wat sakelui het met die opgradering van die plein.

Ingevolge wetgewing moes die munisipale bestuurder ’n komitee van belanghebbendes op die plein saamstel, wat alle planne vooraf goedkeur.

Dis nie gedoen nie, sê Ebersohn.

“Wat die metro dus tot dusver op die plein gedoen het, is onwettig,” sê sy.

Die Kerkplein-sakeforum het ’n brief met hul voorstelle en klagtes by die burgermeester en munisipale bestuurder op 29 September laat aflewer.

LEES OOK: March gains momentum at Church Square

Ebersohn sê die sakeforum het nog geen antwoord gekry nie.

Linde sê ondernemings in en om die plein is wel geraadpleeg.

LEES OOK: Eff calls for mass march to recall Zuma

Foto: Ron Sibiya
Foto: Ron Sibiya

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button