Bonthuis Kleuterskool is baie trots op Ekene Mwim, Charl van Eck en Mia Seymore wat op 28 Oktober 2017 aan die A+ Students streekskompetisie deelgeneem het.
Mwim het twee trofeë ontvang vir Champs of Champions en ’n eerste plek in sy ouderdomsgroep by die nasionale kompetisie.
Van Eck het ’n trofee ontvang by die Regional Championship en Mia het ’n bronsmedalje verower.
Bonthuis Kleuterskool se graad R-kleuters het terselfdertyd aan die Finbond Mutual Bank Kleuterkunskompetisie by Atterbury-teater deelgeneem.
Malan Slabbert het die afdeling vir ses-jariges gewen.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

