NewsSchools

Eco-Oosies maak die harte van baie diere bly.

R11 445 is ingesamel saam met al die kos, komberse en speelgoed vir die diere.

 

Op 29 September het ’n groep leerlinge van Oos-Moot die “One Stop Rescue” diereskuiling gehelp om weer op die been te kom nadat die plek deur ’n brand verwoes is.

Die leerlinge het geld, kos en selfs ‘n watertenk ingesamel vir die diere, maar dit is nie waar dit geëindig het nie. Hulle het ook met groot trots en opwinding al hierdie skenkings self by die diereskuiling gaan aflaai.

Met hul aankoms het hulle dadelik ingspring en begin werk dat hulle tonge behoorlik uitgehang het. Geen taak was vir dié Oosies te groot óf te grillerig nie, en die honde is behoorlik gebad en afgedroog en hul hokke van hoek tot kant geskrop.

R11 445 is ingesamel saam met al die kos, komberse en speelgoed vir die diere. Oos-Moot is voorwaar trots op hierdie groep leerlinge en ook baie dankbaar vir al die skenkings wat hulle ontvang het.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button