CrimeNews

Noord-swendelaar terug in hof

Sy het haarself onder meer as verhuringsagent voorgedoen en het huurgeld van voornemende huurders ingevorder.

’n Gesoute swendelaar van Pretoria-Noord het verlede week in die hof verskyn op aanklag van diefstal.

Marita Grobler (47) wat voorheen skuldig gevind is aan diefstal en bedrog was Donderdag terug in die Pretoria-Noord-landdroshof na sy die vorige week in hegtenis geneem is.

Pretoria-Noord polisie woordvoerder Kaptein Rebecca Phatlane sê die saak is Donderdag uitgestel na 1 Desember wanneer Grobler, na verwagting, ’n formele aansoek vir borg kan doen.

Grobler is in 2012 en 2014 aan diefstal en bedrog skuldig bevind waarvoor sy toe beboet was.

Rekord het in Desember 2013 berig dat Grobler haar onder meer as ’n verhuringsagent voorgedoen het en huurgeld van voornemende huurders ingevorder het.

LEES OOK: Pretoria-Noord swendelaar wéér gevang

In daardie stadium was polisie-ondersoeke reeds teen haar aan die gang weens bedrog en diefstal.

“Klagtes teen Grobler is al in 2010 by ons (polisiekantoor) aangemeld,” het Phatlane gesê.

Grobler is nou onlangs vasgekeer nadat ’n pa van Pretoria-Noord die polisie op haar spoor gesit het.

Hy het snuf in die neus gekry nadat sy dogter ’n deposito betaal het op ’n huis wat Grobler bemark het.

“Die lae deposito vir ’n vier-slaapkamerhuis het my baie agterdogtig gemaak,” het dié pa vertel.

Hy het voorgegee dat hy ook in die huis belangstel, waarop Grobler na bewering die eiendom ook aan hom “verkoop” het.

Die pa sê sy is in ’n lokval in hegtenis geneem toe die “betaling” van die tweede transaksie gedoen sou word.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button