’n Dief is onlangs op veiligheidskamera betrap waar hy by ’n erf inbreek, in die noorde van Pretoria.
Eldorette-inwoner Marina Erasmus sê die dief het vroeër die maand toerusting uit ’n stoorkamer in haar erf gesteel.
“Op die beeldmateriaal sien jy hoe hy ons splinternuwe kettingsaag steel – dan ’n uur later is hy terug om nog goed uit die stoor te kom haal,” vertel Erasmus.
“Hy het die tweede keer teruggekom sonder sy baadjie en mus en het toe my reistas en nog tuintoerusting gesteel.”
LEES OOK: Rekenaar-dief buite skool platgetrek
Erasmus sê die dief het die grendel en slot van die stoorkamer afgebreek om toegang te kry.
“Ek is bang hy keer terug om nóg te steel,” sê sy.
“Ek kan nie meer slaap in die aande nie. Elke keer as my hondjie blaf dan is ek op om te kyk of daar iemand buite is.”
’n Klag van diefstal is by die Akasia-polisiekantoor aangemeld.


Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
