CrimeNews

OPVOLG: 71 honde vergiftig in die weste

INFOGRAFIKA: “Inwoners wat motorfietse in hulle erwe het, moet dit deeglik toesluit en honde moet nie naby heinings of hekke toegelaat word nie.”

Misdade waarin honde vergiftig word, is besig om drasties toe te neem in die weste van Pretoria.

Mountain View GPF-voorsitter, Noekie Salmon sê ’n totaal van 71 honde is sedert September vanjaar in die gebied vergiftig.

“Daar was 65 honde in Hercules vergiftig en ses in Mountain View,” sê sy.

Salmon sê 17 van die 65 honde in Hercules het oorleef.

LEES OOK: LUISTER: Misdadigers wat honde vergiftig nou in die Moot

Sy sê al die huise wat geteiken is, het motorfietse in hulle erwe gehad.

“Inwoners wat motorfietse in hulle erwe het, moet dit deeglik toesluit en honde moet nie naby enige heinings of hekke toegelaat word nie,” sê sy.

’n Inwoner van Mountain View het onlangs haar ervaring gedeel toe haar honde vergiftig is.

Elsabe Botha sê twee van haar honde is Woensdagoggend dood as gevolg van vergiftiging.

LEES OOK: OPVOLG: Meer honde vergiftig in die Moot

Sy sê hulle hele straat se honde het ongeveer om 01:00 onrustig geraak.

“Ongeveer 02:00 het ek wakker geword van iets wat val,” sê sy.

“Ek het deur die huis geloop en gaan kyk of ek iets kon sien, maar daar was niks.”

Botha sê teen so 02:30 het sy die mense in die woonstel in haar erf hoor skree.

LEES OOK: 25 Honde vergiftig sedert Maandag in weste

“Die inwoners het wakker geword, toe staan een van die misdadigers by die venster besig om hulle motorfiets uit te stoot,” sê sy.

“Hulle het die motorfiets net so gelos en gehardloop.”

Botha sê sy vermoed die slag wat sy gehoor het, was die van ’n houer met gif wat die misdadigers oor die muur gegooi het.

Die polisie kon nie dadelik vir kommentaar bereik word nie.

Infographic: Danielle Garrett

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button