NewsSchools

Laerskool Stephaun Roos oorhandig tjek aan Huis Judy

Ons is baie bly dat ons as Laerskool Stephanus Roos se gemeenskap ‘n verskil in elke inwoner se lewe kan maak

Tydens ‘n geldinsameling wat op 7 September gehou is, is ‘n stywe bedrag ten bate van Huis Judy en Huis Hermon by die Helpmekaar Gemeenskapsentrum ingesamel. Daardie aand is heerlik aan voorgeregte, uit die boek hoofgeregte en nageregte gesmul. Elke gas het ‘n teelepeltjie gebruik, wat gesorg het vir baie pret. Om die aand op te kikker is daar ook ‘n veiling gehou.

Op 28 November het mnr. CRO van Niekerk ‘n tjek aan personeel van Huis Judy en Huis Hermon oorhandig. Ons is baie bly dat ons as Laerskool Stephanus Roos se gemeenskap ‘n verskil in elke inwoner se lewe kan maak – veral in die Kerstyd.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button