MunicipalNews

Storting vererger daagliks in Moot se oop veld

“Daar is sommige inwoners wat van die rommel bymekaar maak vir herwinning-doeleindes.”

Onwettige storting vererger daagliks by ’n oop veld in Jan Niemandpark.

Inwoner Cassie du Preez sê die storting het al van só ’n aard vererger dat dit soos ’n stortingsterrein begin lyk.

“Daar is sommige inwoners wat van die rommel bymekaar maak vir herwinning-doeleindes,” sê hy.

“Maar die bourommel bly net daar lê.”

Rekord het voorheen berig dat onwettige storters somtyds by dié veld wat aan Angelo-, Lanham- en Suikerbekkiestraat asook Stormvoëlweg grens, in die oggende tou staan om onwettig te stort.

Die storting in hierdie veld is vir talle inwoners ’n doring in die vlees.

LEES OOK: Wes-raadslid verklaar oorlog teen onwettige storting

“Ek wens daar kan ’n kennisgewingbord opgerig word wat vir onwettige storters die boetes uitwys vir onwettige storting,” sê Du Preez.

“Dalk sal hulle twee keer dink voordat hulle ons voorstoep besoedel.”

In ’n vorige berig in Februarie het ’n ander inwoner, Ansie, wat nie haar van wou verstrek nie, vertel dat die onwettige storting meer as ses maande aan die gang is.

Dit is al November en die veld is steeds ’n probleem.

Nog ’n inwoner, Susan Booyse, sê die sondaars is aan bekende ondernemings verbonde.

Baie steek die rommel aan die brand nadat dit afgelaai is.

“Ons kry haglike reuke as gevolg van karkasse wat daar gestort word,” sê Booyse.

LEES OOK: Onwettige storting in Eersterust bly oogseer

Booyse sê die veld het in die proses ’n gebied vir onsmaaklike aktiwiteite geword.

“Die vullis trek sluipslapers wat daarin grawe. Hulle kruip ook in die veld weg,” sê Booyse.

“Daar is soveel rook dat ons nie eens in ons eie huise kan asemhaal nie.”

Ansie sê: “Ons mense is siek en sat vir die onwettige storters. Nie net is dit ’n seeroog nie, maar dit bedreig ons eens veilige hawe.”

Du Preez voeg by: “Die storting vind so naby aan die straat plaas, dat daar ’n vrot reuk in ons rigting waai.”

Terugvoer van die Tshwane-metro word verwag oor verdere planne vir die veld.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button