NewsSchools

Stephanus Roos se krieket blom!

Knap gedaan!

Laerskool Stephanus Roos se onderskeie krieketspanne het die afgelope seisoen verbasend goed gevaar.

Die o.11-krieketspan het die liga gewen en deurgedring na die kwart-finaal teen Laerskool Constantiapark. Die Rosies wen die wedstryd op hul tuisveld.

Hulle dring deur na die semi-finaal waar hulle Laerskool Lynnwood uitgehaal het met 93 lopies, maar ongelukkig met 30 lopies verloor het.

Hierdie o.11-krieketspan is deel van die top 6 beste o.11-spanne in Pretoria. Hou gerus hierdie seuns dop, hulle gaan nog hoër hoogtes bereik.

Die o.13-krieketspan het die eerste keer in hul laerskoolloopbaan die liga gewen. Dit wil gedoen wees, manne!

Hulle het baie goed gespeel, maar ongelukkig vasgeval in die kwart-finaal teen Laerskool Wierdapark.

Ons sien uit daarna om van hul prestasies op die sportveld in die hoërskool te hoor.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button