MunicipalNews

Metro werk voluit om noorde se lekkasies te herstel

Nog waterlekkasies wat kop uitgesteek het in Sinoville word herstel.

Waterlekkasies word so vinnig herstel as wat metro-spanne kan werk, sê raadslede in die noorde van Pretoria.

Klagtes oor wateronderbrekings is die afgelope twee weke veral in Sinoville aangemeld.

DA-raadslid vir Wyk 5, Arnold van Niekerk, sê die stadsraad werk so vinnig moontlik om aangemelde waterlekkasies te herstel.

“Op die oomblik is herstelspanne besig in klein-Zambesi (Sefako Makgatho-rylaan) om waterpype te vervang,” sê Van Niekerk.

“In plaas daarvan om net die gebarste pype te las, word ’n groter lengte van die pyp vervang.”

Uiteindelik sal die meeste van die ou pype vervang wees met ’n afname in lekkasies as die gevolg.

Wyk 50-raadslid Lenise Breytenbach vra weer dat inwoners waterlekkasies aanmeld by die Tshwane metro.

“As waterlekkasies nie aangemeld word nie, kan dit nie herstel word nie,” sê sy.

LEES OOK: Water lekkasies nie prioriteit vir stadsraad

Tussen Julie en Augustus die jaar het Sinoville die meeste waterlekkasies ervaar.

Nie minder nie as 82 waterlekke is in dié tydperk aangemeld.

Van Niekerk en Breytenbach sê die onlangse lekkasies wat aangemeld is, word op die oomblik herstel.

Herstelspanne het tot laat gewerk verlede week om lekkasies in Lavenderweg te herstel. Kyk hier:

 

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button