‘n Tref-en-trap motoris is vermoedelik te blameer vir die dood van ’n vrou wie se lyk in Kilnerpark gekry is.
Villieria polisiewoordvoerder Kaptein Coba Brits sê ’n na-doodse ondersoek dui daarop dat sy dalk raakgery is.
LEES OOK: UPDATE: Moot woman found dead – described as loving person
Sy sê die polisie ondersoek die moontlikheid dat ’n voertuig Dianne Rose Ayres Ayres op die deurpad getref het.
“Die polisie is dringend opsoek na hierdie voertuig wat betrokke was in ‘n moontlike tref-en-trap,” sê sy.
Brits sê die polisie weet nog nie watter soort voertuig dit was nie.
Enigieman met inligting word gevra om Villieria-polisie dringend te skakel.
Ayres se lyk is op 5 Desember op die N1-deurpad naby ’n brug in die Moot gekry.
Brits het voorheen gesê ‘n strafbare manslag-dossier is geopen en die polisie stel ondersoek in.
LEES OOK: NEWSFLASH: Moot woman’s mutilated body found on N1
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
