CrimeNews

Nog inbrake by noord-veiligheidsoord

’n Beloning van R20 000 word beloof aan enigiemand met inligting wat lei tot die skuldigbevinding van hierdie misdadigers.

’n Vlaag van inbrake teister inwoners van ’n veiligheidskompleks in Montana.

Verlede maand is by drie huise ingebreek, sê inwoners .

Een van hulle, Wesley Roux, sê daar is al ses huise in die oord geteiken.

Byna drie weke gelede is by sy huis ingebreek.

“Ek en my vrou het vas geslaap terwyl hulle (diewe) ons TV en ander besittings uit die huis gedra het,” vertel hy.

Maandagaand is daar weer by Roux se erf ingebreek.

“Die diewe was nie die keer in die huis nie. Hulle het die stoorkamer buite oopgebreek en toerusting gesteel,” sê Roux.

Hy sê dit het tussen 18:00 en 22:30 die aand gebeur.

LEES OOK: Noord-veiligheidsoord-diewe sluip rond in huis, inwoners slaap vas

Roux, wat sy eie veiligheidsmaatskappy bedryf, sê hy het laat die aand eers by die huis gekom.

Een van my vieligheidswagte het die stoorkamer aan hom uitgewys.

“Ek is woedend dat daar vir ’n tweede keer by my erf ingebreek is, en dit terwyl my vrou by die huis was,” sê Roux.

“Ek moet nou van my eie sekuriteit en wagte gebruik maak om my huis op te pas.”

Ander inwoners in die oord is ewe ontsteld oor die onlangse misdade.

LEES OOK: VIDEO: Sinoville se seeroog – onwettige plakkers en rommelstrooiers

“Ons betaal om in ’n veiligheidsoord te bly, juis vir die ekstra veiligheid,” sê een van hulle.

Die voorsitter van Rose Acres veiligheidsoord, Ruben Papenfuss, sê die bestuur is bewus van die onlangse inbrake.

“Ons bied ’n beloning van R20 000 aan enigiemand met inligting wat lei tot die skuldigbevinding van hierdie misdadigers,” sê hy.

Sinoville polisie stel ook ondersoek in.

Woordvoerder adjudant-offisier Johan van Dyk sê vingerafdrukke is by van die tonele gevind waar inbrake aangemeld is.

“Ons ondersoek duur voort,” sê hy.

 

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button