CrimeNews

Drie vas in Moot

Vermeende boewe word verbind met drie ernstige gevalle in die area.

Drie vermeende misdadigers is Woensdag in die Moot gearresteer.

Kilnerpark Sekuriteit woordvoerder, Ancelize van der Kooi sê hul reaksiespan het die drie op die hoek van Unionstraat en Soutpansbergweg in Riviera, opgemerk.

Met behulp van die Pretoria-Moot polisie en die metropolisie se K9-eenhied is die verdagtes vasgetrek.

ALSO READ: Danville man nabbed for possession of unlicensed firearms

“Die verdagtes het probeer vlug, maar almal het ongelooflik mooi saamgewerk en die radiokommunikasie was uitstekend,” sê sy.

Daar word sterk vermoed dat die verdagtes aan drie ander ernstige misdade in die Moot verbind kan word.

“Hierdie was regtig ’n baie groot sukses vir ons almal,” sê sy.

“Die polisie soek al lankal na hierdie drie.”

Huisinbraaktoerusting is in hulle besit gekry. Foto: Verskaf
Kilnerpark Sekuriteit in samewerking met die Pretoria-Moot polisie en die metro polisie se K9-eenheid. Foto: Verskaf

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button