MunicipalNews

Noord-kragonderbreking ná vonke spat

“Herstelspanne moet eers die hoë boomtakke verwyder voor die krag aangeskakel kan word.”

Vonke het gespat toe hoë boomtakke met kragdrade in Hornstraat, Pretoria-Noord slaags geraak het.

Só sê inwoners wat Maandagaand, 8 Januarie ’n harde knalgeluid gehoor het oomblikke voor ’n groot gedeelte van Pretoria-Noord en die Wolmer-omgewing sonder elektrisiteit gelaat is.

LEES OOK: Tshwane invests to curb power outages

Inwoner en wykraadslid Yolanda Duvenage het omstreeks 22:07 die kragonderbreking aangemeld en elektrisiëns na die toneel ontbied.

“Hewige winde het veroorsaak dat die hoë boomtakke teenaan die drade die krag uitgeskop het,” sê Duvenage.

Sy sê herstelspanne het vroeg Dinsdagoggend begin om takke in Horn-, Deetlefts- en Veldkornet Roosstraat te snoei.

“Ongelukkig sal herstelspanne eers die hoë boomtakke moet verwyder voor die krag aangeskakel kan word,” sê Duvenage.

“Ons skat die krag sal rondom 13:00 weer aan wees, maar sal inwoners intussen op hoogte hou.”

LEES OOK: Power outages in Pretoria following storm

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button