Hoër Tegniese Skool John Vorster se 2017 matrieks het puik uitslae behaal.
Hul top-drie leerders spog met uitstekende uitslae en vele onderskeidings.
Een van die top-drie leerders het sewe onderskeidings behaal, een het ses onderskeidings behaal en een leerder het vyf onderskeidings behaal.
Die top matriekleerder, Francois Conradie spog met sewe onderskeidings.
Hy het onderskeidings behaal in Engels eerste addisionele taal, wiskunde, alpha wiskunde, elektriese tegnologie, fisiese wetenskappe, ingenieursgrafika en ontwerp, en lewensoriëntering.
Tweede in sy klas is Dylan Deetlefs. Hy spog met ses onderskeidings.
Dylan het onderskeidings behaal in Afrikaans, Engels eerste addisionele taal, wiskunde, siviele tegnologie, ingenieursgrafika en ontwerp, en lewensoriëntering.
LEES OOK: Hoërskool Hendrik Verwoerd matrieks se toppresteerders
Die derde matriekleerling in die top-drie is Geald Nel.
Hy het vyf onderskeidings behaal.
Geald het onderskeidings behaal in Engels eerste addisionele taal, wiskunde, elektriese tegnologie, fisiese wetenskappe en lewensoriëntering.
Die skool is trots op sy leerders se prestasies.
Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

