Hoërskool Eldoraigne spog met ’n 100 persent slaagsyfer en ook ’n 100 persent vrystelling tot tersiêre studies.
Die skool se top student is Carla Botes. Sy het 7 onderskeidings behaal en met ’n gemiddelde 95 persent geslaag. Sy is aangewys as die beste presteerder in Gauteng in ekonomie met 99 persent.
Bennert van Schalkwys het 9 onderskeidings behaal en met ’n gemiddelde 92 persent geslaag.
Martin Hanekom het ook 9 onderskeidings behaal en met ’n gemiddelde 90 persent geslaag.
Ariana Rompel het 7 onderskeidings behaal en ook ’n onderskeiding in alpha wiskunde, met ’n gemiddelde 92.7 persent geslaag.
LEES OOK: 5 Brain boosting back-to-school apps
Leon Christiaan Le Roux (Tiaan) het 7 onderskeidings behaal en ook onderskeidngs in alpha wiskunde en AP wiskunde.
AP wiskunde is ’n uitbreiding en uitdaging vir leerders wat ’n groter as gemiddelde vermoë of entoesiame in wiskunde demonstreer. Leon
Le Roux het met ’n gemiddelde 90.3 persent geslaag.
Emile Vorster het 7 onderskeidings behaal en ook ’n onderskeiding in alpha wiskunde met ’n gemiddelde 91 persent slaagsyfer.
Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

