Die 2017 matriekklas van Hoërskool Hendrik Verwoerd het uitstekende uitslae behaal.
Tussen die top-drie leerders is daar altesaam 20 onderskeidings.
Die skool se top-drie leerders is as volg:
Michael Badenhorst het sewe onderskeidings behaal.
Hy het met 83 persent geslaag vir Afrikaans huistaal, 73 persent vir Engels huistaal, 86 persent vir wiskunde, 80 persent vir lewenswetenskappe, 84 persent vir fisiese wetenskappe, 83 persent vir dramatiese kunste, 92 persent vir ingenieursgrafika en ontwerp, en 88 persent vir lewensoriëntering
Mutsa Hwenha het ook met sewe onderskeidings geslaag.
Sy het geslaag met 75 persent vir Engels huistaal, 81 persent vir Afrikaans eerste additionele taal, 83 persent vir wiskunde, 94 persent vir rekeningkunde, 83 persent vir lewenswetenskappe, 86 persent vir fisiese wetenskappe en 80 persent vir lewensoriëntering.
ALSO READ: 5 Brain boosting back-to-school apps
Yvanna Langley het ses onderskeidings behaal.
Sy het geslaag met 86 persent vir Afrikaans huistaal, 80 persent vir Engelse huistaal, 81 persent vir lewenswetenskappe, 87 persent vir drama, 86 persent vir gasvryheidstudies en 88 persent vir lewensoriëntering,
Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
