Hoërskool Zwartkop spog met ’n 100-persent slaagsyfer vir sy matriekleerders van 2017.
Die skool se top-drie presteerders is as volg:
Johannes Conradie het met nege onderskeidings geslaag. Sy vakke was Afrikaans huistaal (90), Engels eerste addisionele taal (95), wiskunde (99), alpha wiskunde (99), fisiese wetenskappe (96), rekeningkunde (94), ingenieursgrafika en ontwerp (97), inligtingstegnologie (96) en lewensoriëntering (94),.
Conradie was aangewys as die leerder met die tweede beste prestasie in Tshwane tydens die burgermeestertoekennings, met ’n gemiddeld van 95,7 persent.
ALSO READ: 5 Brain boosting back-to-school apps
Hy was ook die skool se onderhoofseun en het uitgeblink in atletiek en hokkie.
Carla Meyer het met agt onderskeidings geslaag. Haar vakke was Afrikaans huistaal (91), Engels eerste addisionele taal (92), wiskunde (87), alpha wiskunde (83), fisiese wetenskappe (94), inligtingstegnologie (94), rekeningkunde (91) en lewensoriëntering (85).
Ian de Villiers het ook met agt onderskeidings geslaag. Sy vakke was Afrikaans huistaal (85), Engels eerste addisionele taal (84), wiskunde (94), alpha wiskunde (82), fisiese wetenskappe (84), rekenaartoepassingstegnologie (91), geografie (85) en lewensoriëntering (84).
Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram


