NewsSchools

Matriekklas van Die Hoërskool Wonderboom presteer

Die skool het ’n slaagpersentasie van 98,4 persent gekry.

Die 2017 matriekklas van Die Hoërskool Wonderboom het uitstekende punte gekry.

Die skool het ’n slaagpersentasie van 98,4 persent. Dit is in vergelyking met 99,6 persent verlede jaar.

Vier van die top ses leerders het sewe onderskeidings elk behaal.

Een leerder het ses onderskeidings behaal en een leerder het vyf onderskeidings.

Die top-ses leerders is as volg:

Top matriekleerder Nikki Truter het sewe onderskeidings behaal. Sy het met ’n 90.4 persent gemiddeld geslaag.

Tweede in haar klas was Corlien Venter, wat sewe onderskeidings en ’n 88.4 persent gemiddeld behaal het.

LEES OOK: Hoërskool Hendrik Verwoerd matrieks se toppresteerders

Derde in die top-ses was Jessica Henrico, wat geslaag het met ’n gemiddeld van 87 persent. Sy het ook sewe onderskeidings behaal.

Vierde in haar klas is Carmia Venter, met ’n 85.6 persent gemiddeld en sewe onderskeidings.

Vyfde in die top-ses was Karissa Birkenstock, wat ses onderskeidings behaal het. Sy het met ’n 83.4 persent gemiddeld geslaag.

Duane Olivier was sesde in sy klas met ’n 83.4 persent gemiddeld en vyf onderskeidings.

Die skool het die top-ses matriekleerders geprys.

“Baie geluk met julle besonderse prestasies.”

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button