Hoërskool Hercules se matriekklas van 2017 het goeie prestasies behaal.
Die skool spog met ’n slaagsyfer van 95 persent.
Sewe-en-vyftig persent van die matriekleerders slaag met ‘n gemiddeld bo 50 persent.
Vyf-en-seventig persent van die leerders slaag met tersiêre vrystelling en 24 persent van die leerders slaag met Baccalaureus-vrystelling.
Hoërskool Hercules is ook aangewys as die tiende beste skool in die distrik.
’n Totaal van ses onderskeidings is deur die top drie matriekleerders behaal.
LEES OOK: 5 Brain boosting back-to-school apps
Die toppresteerder van Hoërskool Hercules is Manny Brussel, wat slaag met drie onderskeidings en ’n gemiddeld van 74.3 persent.
Hy behaal onderskeidings in Afrikaans eerste addisionele taal, lewensoriëntering en rekeningkunde.
Odirile Lekana staan tweede in die ry en slaag met twee onderskeidings en ’n gemiddeld van 70.1 persent.
Hy behaal onderskeidings in lewensoriëntering en rekeningkunde.
Die derde toppresteerder, Molepo Zondo, slaag met een onderskeiding en ’n gemiddeld van 69.3 persent.
Zondo het ’n onderskeiding in lewensoriëntering behaal.
Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

