Die 2017 matriekklas van Hoërskool Pretoria-Wes het uitstekende uitslae behaal.
Tussen die top drie leerders is daar altesaam 19 onderskeidings.
Die skool se top drie leerders is as volg:
Top matriekleerder van die skool is Tintswalo Chauke, wat ’n gemiddeld van 84 persent behaal het.
Sy het geslaag met 77 persent vir Engels, 80 persent vir Afrikaans, 79 persent vir wiskunde, 95 persent vir rekeningkunde, 80 persent vir lewenswetenskappe, 88 persent vir fisiese wetenskappe en 92 persent vir lewensoriëntering.
Die tweede leerder op die lys is Reabetsoe Malatji, wat ’n 80 persent gemiddeld behaal het.

LEES OOK: 5 Brain boosting back-to-school apps
Malatji slaag met 74 persent vir Engels, 78 persent vir Afrikaans, 78 persent vir wiskunde, 84 persent vir rekeningkunde, 81 persent vir fisiese wetenskappe, 88 persent vir geografie en 78 persent vir lewensoriëntering.
Gesamentlik tweede op die top matrieklys is Angelina Shai wat ook slaag met ’n gemiddeld van 80 persent.

Shai slaag met 73 persent vir Engels, 75 persent vir Afrikaans, 81 persent vir wiskunde, 82 persent vir lewenswetenskappe, 88 persent vir fisiese wetenskappe, 75 persent vir verbruikersstudies en 88 persent vir lewensoriëntering.
Die skool is baie trots op hul leerders se prestasies en wens hulle geluk toe vir die toekoms.
Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
