NewsSchools

Menlo koor sing in harmonie!

Hulle ontvang die trofee vir die beste gewyde werk van die aand en word dan ook as algehele wenner van die makroskole-kompetisie aangewys.

KykNET het in 2017 vir die eerste keer die “Sing in harmonie”-koorkompetisie vir hoërskole aangebied. Talle hoërskoolkore het ingeskryf en aan die uitdunrondtes deelgeneem. Die kompetisie is by Silverstar Casino aangebied en groot gehore het die uitdunrontes sowel as die finaal bygewoon.

Die Hoërskool Menlopark se koor is as wenner aangewys in dié uitdunronte en die koor het op 24 Septomber 2017 aan die finaal gaan deelneem, waar nege kore meegeding het. Hulle ontvang die trofee vir die beste gewyde werk van die aand en word dan ook as algehele wenner van die makroskole-kompetisie aangewys.

Foto: Me. Jeanmari van Papendorp ontvang die Sing in Harmonie-trofee van mnr. Hennie Loock, een van die beoordelaars van die aand.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button