NewsSchools

Overkruin spog met beste slaagsyfer

Die skool is ewe ingenome met die matrieks se 203 onderskeidings

Hoërskool Overkruin in die noorde van Pretoria spog met ’n 100 persent-slaagsyfer – die beste in sy distrik.

Die skool sê hy is trots op al 202 matrikulante wat hul finale jaar geslaag het.

Die skool is ewe ingenome met die matrieks se 203 onderskeidings en 299 B-simbole.

’n Stewige 70,6 persent van hulle is deur met universiteitsvrystelling.

Die topleerder spog met agt onderskeidings, sewe bereik sewe A-simbole, vyf leerders pronk met ses A’s en nog vyf het elkeen vyf onderskeidings.

Nie minder nie as 22 leerders spog met ’n A-gemiddeld en 39 met ’n B-gemiddeld.

Die skool is veral trots op ’n 100 persent- slaagsyfer in wiskunde, wiskunde geletterdheid, fisiese wetenskappe, rekeningkunde en nog 14 ander vakke.

LEES OOK: 5 Brain boosting back-to-school apps

Topleerder Angelique van Rooyen behaal agt onderskeidings en ’n gemiddeld van 95 persent.

Haar vakke sluit in: wiskunde (99), Afrikaans (86), Engels (92), lewensoriëntering (96), rekeningkunde (98), fisiese wetenskappe (96), rekenaartoepassingstegnologie (95) en besigheidstudies (90).

Van Rooyen beplan om Bsc Aktuariële Wetenskap te studeer aan die Universiteit van Pretoria.

Alex Carstens en Carmen Steyn spog elk met sewe onderskeidings en ’n gemiddeld van 93 persent.

Carstens, die hoofseun van Overkruin, se punte was soos volg:

Wiskunde (95), rekeningkunde (97), fisiese wetenskappe (94), lewenswetenskappe (90), lewensoriëntering (90), Afrikaans (88) en Engels (89).

Carstens sê hy is bevoorreg om by Stellenbosch in die Wes-Kaap te gaan studeer.

“Ek gaan BAcc studeer wat my sal toelaat om ’n gekwalifiseerde ouditeur te word,” sê hy.

LEES OOK: Parents, learners demand placement at West district schools

Carmen Steyn se punte lyk so:

Afrikaans (86), Engels (92), wiskunde (94), lewensoriëntering (95), rekeningkunde (97), lewenswetenskappe (87) en fisiese wetenskappe (98).

Sy beplan om mediese-wetenskap aan die Universiteit van Pretoria te studeer.

Ander leerders onder die toptien sluit in:

– Danelle Mouton met sewe onderskeidings en ’n gemiddeld van 91 persent.

– Megan Jamieson met sewe onderskeidings en ’n gemiddeld van 90 persent.

– Jacobus Vreugdenburg met sewe onderskeidings en ’n gemiddeld van 89 persent.

– Zinzan Volkwyn met sewe onderskeidings en ’n gemiddeld van 88 persent.

– Henlo Naude met sewe onderskeidings en ’n gemiddeld van 87 persent.

– Lee-Anne Bierbaum met sewe onderskeidings en ’n gemiddeld van 87 persent .

– Degenaar Dian met ses onderskeidings en ’n gemiddeld van 86 persent.

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button