Gooi, spring en hardloop is mos baie lekker! So het al die kleuters van Tygieland ’n beurt gekry om aan alle atletiekitems deel te neem tydens Tygieland Atletiekdag op Vrydag, 26 Januarie. Hierdie kleuters het sommer baie talent, maar vir nou is die belangrikste dat hulle dit sommer baie geniet.
Foto 1: Die Tygieland-bytjies neem ’n welverdiende waterbreek.
Foto 2-4: Tygieland-maats het ywerig deelgeneem.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.



