NewsSchools

Witties hou voël geveg

Witpoort gaan die beker hou!

Hoogspring, verspring, hardloop gou – Witpoort gaan die beker hou!

Vanjaar se huissport was weereens ’n hoogtepunt op Laerskool Witpoort se kalender.

Die Fisante in geel en Tarentale met hul blou spandrag het op Saterdag, 22 Januarie 2018 gesorg vir goeie atletiek en baie pret.

Die gees het van vroegoggend af hoog geloop toe die Fisante met hul geel pruikke opgedaag het om die optog om die baan te lei.

Die Tarentale het met ’n Land Cruiser ingery gekom, terwyl drie manne op fietse die pad aangewys het.

LEES OOK: Witties dans by SA Dance School Championships

Die krete het oor die atletiekveld weergalm net voor die eerste wegspringskote het geklap het.

Die Fisante het die jaar stof in die Tarentale se oë geskop.

Hester Gondwe is aangewys as die victrix ludorum en Gustav Combrink as die victor ludorum van die byeenkoms, volgends die ASA-tabelle.

Baie dankie aan elke ouer se ondersteuning! Julle het gesorg dat die geleentheid ’n reuse sukses was.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button