Llewellyn Gerber gaan ’n leierskapakademie by NASA se vuurpylmuseum te Huntsville, Alabama in die VSA bywoon.
Hierdie akademie word deur Honeywell geborg en vind plaas vanaf 24 Februarie tot 2 Maart.
Gedurende hierdie kursus gaan Llewellyn blootgestel word aan verskeie vlugnabootsers, fisiese aktiwiteite wat deelnemers leer om as ’n span saam te werk en ook ’n ruimtewandelingsimulasie ervaar.
LEES OOK: Hoërskool Centurion spog met twee toekennings
Op dié manier word studente in ’n veilige omgewing onder druk geplaas en geleer hoe om as ’n leier op te tree.
Die Honeywell Leadership Challenge Academy is ’n verrykingsprogram wat fokus op die ontwikkeling van deelnemers op verskeie vlakke.
Dit sluit in om die begrip van die grondslag van leierskap te verstaan, hoe om effektief te kommunikeer, asook hoe om as span saam te werk tydens werkswinkels in wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde.
Deelnemers word ten alle tye vergesel deur lede van die VSA se ruimte- en vuurpylsentrum.
Llewellyn sal saam met sy spanmaats Suid-Afrika verteenwoordig en Hoërskool Eldoraigne se naam “hoog” hou.
