NewsSchools

Menlo maters vier valentynsdag

Dankie vir elke spesiale kinderhart se liefde en omgee – ons is so lief vir julle!

’n See van rooi en wit kleuters vloei tussendeur die vrolik-opgemaakte graad 0-klasse.

Maats met ogies blink en haasbekglimlaggies gesels en speel met groot opgewondenheid oor hierdie spesiale dag, 14 Februarie, in Menlo Maters se vriendskapsweek.

Ons gesels oor liefde, omgee en respek en hou ’n vrolike piekniek onder die koeltebome om ons Menlo-Mater-vriendskap te vier.

Ons maats vertel wat hierdie warmhartjie dag vir hulle beteken: “Drukkies en soentjies”, “Dat jy lief is vir mamma en pappa”, “Vriendskap”, “Spesiale dag wat ons sê ons is lief vir mekaar”, “Ek is lief vir jou”, “Ons hou baie van mekaar”.

Dankie vir elke spesiale kinderhart se liefde en omgee – ons is so lief vir julle!

Juffrou Chrisna, Lindie, Imke, Elain en Minelize.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button