NewsSchools

Zwarries laat die rekords spat

Baie geluk aan elke atleet en afrigter.

Hoërskool Zwartkop se atlete word nie afgeskrik deur ’n rekord nie – selfs nie dié wat al so lank as 20 jaar staan nie.

Gedurende die tuisatletiekbyeenkoms teen hoërskole Noordheuwel en Menlopark op 26 Januarie, het die Zwarrie-atlete gesorg vir ’n paar uitsonderlike rekords.

Gerhard van Rooyen het die seuns o/19 110m hekkies-rekord, wat in 1999 opgestel is, met ’n tyd van 14:99s gebreek, terwyl Cherelee Miles die 2001-rekord vir meisies o/16 400m hekkies met ’n tyd van 1:07:70s verbeter het.

Danica Strydom en Gawie Louw het elkeen sommer twee rekords laat spat vir onderskeidelik meisies o/17 400m hekkies (1:05:06s) asook die 110m hekkies (14:51s) en seuns o/19 400m hekkies (54:90s) en die 400m naellope (49:49s).

Iné Smit het met haar spiesgooi-vernuf ’n rekord van 2015 geskrap met ’n afstand van 42.03m.

Caleb Beukes het ’n 20-jaar-oue 3 000m langafstand-rekord verbeter in ’n ongelooflike tyd van 9:13:60. Hierdie rekord is vanaf 1998 deur M Mans (9:15:60) gehou.

Die o/16 meisiesaflosspan het almal aan die gons gehad toe hulle Hoërskool Noordheuwel se 20-jaar-oue rekord met ’n tyd van 15:90s verbeter het.

Baie geluk aan elke atleet en afrigter – hierdie rekords getuig van harde werk. Met sulke uitslae kan mens nie anders as om uit te sien na die Interhoër nie.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button