Drie leerders van CVO Skool Pretoria het onlangs besondere prestasies behaal in sport. Hulle is as wenners in drie van die vier kategorieë van die BCVO se 2017-kompetisie vir sportleerder van die jaar aangewys.
Wian van Rooyen en Marieta Möller is onderskeidelik as skoolseun- en dogtersportleerder van die jaar in die laerskool aangewys terwyl Dirk Hanekom as hoërskoolsportseun as wenner uit die stryd getree het.
Die skool het by die jaarlikse prysuitdeling die akademiese spanne vir laer- en hoërskool aangewys. Daar is ook toekennings aan leerders as Mnr en Mej Afrikaans oorhandig. Die twee het elk ’n serp van die ATKV ontvang.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
