NewsSchools

Sy ken geen keer nie

Ontmoet ’n atleet in die ooste wat letterlik geen keer ken nie. Nadia Potgieter, ’n leerder van Die Hoërskool Garsfontein, was nog ’n dogter in die O.13 afdeling, toe sy haar opgang van kampioenskappe in 2017 begin het. Sy skop af met ’n nuwe SA rekord in die 3 000m toe sy die nasionale kampioenskap …

Ontmoet ’n atleet in die ooste wat letterlik geen keer ken nie.

Nadia Potgieter, ’n leerder van Die Hoërskool Garsfontein, was nog ’n dogter in die O.13 afdeling, toe sy haar opgang van kampioenskappe in 2017 begin het.

Sy skop af met ’n nuwe SA rekord in die 3 000m toe sy die nasionale kampioenskap in Durban wen vir dogters O.15. Sy wen die SA tweekamptitel in die Paarl vir dogters O.13, met ’n nuwe Gauteng-noord rekord en verwerf die titel van Junior Victrix Ludorum by die byeenkoms.

Met haar tyd van 2 min 54 teken sy die vinnigste 1 000m-tyd aan vir meisies.

Sy word ook gekroon as Gauteng-noord se mees uitstaande tweekamp-atleet van die jaar. In Potchefstroom wen sy die SA landloop-titel vir dogters O.14. Sy gaan voort en wen die SA biathle-titel vir dogters O.15 wat sy opvolg met die wêreld-titel in Spanje in dieselfde ouderdomsgroep.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button