WAARSKUWING GRAFIESE INHOUD: Noord-man saak uitgestel nadat vrou erg aangerand is
Man maak sy tweede verskyning in hof.
Die saak teen ’n Noord-man wat vermoedelik ’n vrou aangerand het is uitgestel vir verdere ondersoek.
Paul du Plessis is van aanranding aangekla en het vir die tweede keer op 21 Maart in die Pretoria Noord-landdroshof verskyn.
Du Plessis het vroeër in Februarie ook voor die hof verskyn en die aangeleentheid was ook toe uitgestel vir verdere ondersoek.
LEES OOK: OPVOLG: Skool praat oor beweerde aanranding van seun (9)
Hy is vroeër op borgtog vrygelaat.
Rekord het voorheen berig dat sosiale media in Januarie aan die gons was nadat foto’s op Facebook verskyn het van ’n vrou wat erg aangerand is.
Die vrou is intussen deur sosiale media-gebruikers uitgeken as Magda Oosthuizen.
Die DA-vrouenetwerk, bekend as Dawn, was teenwoordig in die hof ter ondersteuning van Oosthuizen.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
