GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

SKOOL: HS Eldoraigne: Van Huysteens Redenaars – Top Presteerders!

In totaal, het Eldoraigne dus 17 hamertjies huistoe geneem.

Daar het vanjaar 56 leerders aan die Van Huyssteens Redenaarsfees deelgeneem.

Hoërskool Eldoraigne is baie trots op hierdie uitgesoekte jongmense wat nie skroom om hul mening oor aktuele onderwerpe te lig nie.

Soos elke jaar neem die skool, met groot sukses deel, aan al drie afdelings, naamlik Afrikaans, Engels en tweetalig.

Vanjaar het Eldoraigne ses leerders in die individuele afdelings gehad, wat deurgedring het na die finaal.

Baie geluk aan Jodie Roelofsz, graad 8 wat haar eerste hamer gewen het deur stof in die ander skole se oë te skop.

In die span kompetisie, het tien van die aanvanklike 16 spanne wat ingeskryf is, deurgedring na die finaal en vier van die spanne het met die louere weggeloop.

In totaal, het Eldoraigne dus 17 hamertjies huistoe geneem.

Voorwaar ’n puik prestasie.

Baie geluk aan elke deelnemer.

Die hoërskool was bevoorreg om hul graad 11 tweetalige span op die verhoog te sien optree.

Dit was slegs die tweede keer wat die vier leerders saam as ’n span gepraat het.

Hulle het die gehoor vermaak met kwinkslae wat luisterryke kleur aan hulle standpunte verleen het.

Dit was ’n fees vir die oor en hul kan baie trots staan.

Vervolgens die name van die leerders wat aan die finaal deelgeneem het en dan word die wenners daarnaas uitgelig.

Foto: Finaal deelnemers
Voor vlnr: Toni Abrahams (Gr 8); Lené Crafford (Gr 9); Hein Martin (Gr 9); Francois Schutte (Gr 8); Lara de Wet (Gr 11); Anke Greyling (Gr 11); Alicia Pienaar (Gr11);
Tweede ry vlnr: Malique Ukena (Gr 12); Anchen du Plessis (Gr 9); Michelle Bester (Gr 9); Marli Harmse (Gr 8); Alneri Heefer (Gr 8); Kayla Vogler (Gr10); Jean-Minique White (Gr 10); Leoné Smit (Gr 10); Ruben Brits (Gr 11); Anria Dippenaar (Gr 10); Anika Fourie (Gr 9).
Derde ry vlnr: Jeandré Coetzee (Gr 8); Elnette van den Berg

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button