SKOOL: Eldo-skolier haal SA span na Los Angeles
Sy het weggestap met twee goue medaljes.
Jean-Minique White, Graad 10, het weggestap met twee goue medaljes en een silwer medalje by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe vir uitvoerende kunste te Rustenburg van 1 tot 6 April 2018.
Sy is ook gekies vir die Suid-Afrikaanse span om SA te verteenwoordig in Los Angeles by die wêreldkampioenskappe in Julie 2019. Kategorieë is as volg: klassieke klavier, oop kategorie klavier en kontemporêre klavier. Die Eldo’s is sowaar trots op Jean-Minique.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
