Local newsMunicipalNews

VIDEO: Montana se gevaarlikste kruising

“Ons het versoek gedoen vir ’n verkeersirkel en spoedbulte om verdere ongelukke te voorkom.”

Inwoners van Montana is bekommerd oor ’n kruising in Dr Swanepoelweg en Stephanstraat waar menige ernstige ongelukke die afgelope paar maande aangemeld is.

In die mees onlangste voorval is ’n bejaarde man verlede maand noodlottig beseer.

Toe Rekord die kruising Dinsdag besoek het, was daar nog steeds skerwe metaal van ’n ongeluk wat die vorige oggend plaasgevind het.

Die voorsitter van die beheerliggaam van Laerskool Magalieskruin, Annelize van Niekerk, sê sy is veral bekommerd oor leerders van plaaslike skole wat met fietse of te voet dié kruising daagliks moet aandurf.

“Ouers ry ook elke dag dié pad om hul kinders by skole te gaan aflaai,” sê Van Niekerk.

’n 76-jarige man is verlede maand in die hospitaal oorlede na ’n erstige ongeluk by die kruising.

LEES OOK: Noord-man ernstig beseer toe trok hom tref

“Die oom het kinders met ’n bussie vervoer na en vanaf die skool,” vertel Van Niekerk.

“Gelukkig was daar nie kinders in die voertuig toe die ongeluk plaasgevind het nie.”

Die bejaarde man en die bestuurder van ’n ander betrokke voertuig is na die naaste hospitaal gehaas.

“Die oom se dood was ’n groot skok vir die kinders. Hy sal baie gemis word.”

Van Niekerk glo dat spoed en ongeduld die oorsaak is van menige ongelukke by die kruising.

“Tydens spitsverkeer is dit baie besig en motoriste in Stephanstraat vat dikwels kanse om oor die pad te kom,” sê sy.

“Spoed is ook ’n groot probleem in Dr Swanepoelweg, waar geen spoedbeheer toegepas word nie.”

DA-raadslid Arnold van Niekerk sê ’n versoek is gelewer aan die Tshwane metro vir ’n verkeersirkel en spoedbulte by die kruising.

VIDEO:

Raadslid Arnold van Niekerk en beheerliggaam-voorsitter van Laerskool Magalieskruin, Annelize van Niekerk praat oor die gevaarlike kruising by Dr Swanepoel en Stephanstraat. Foto: Corlia Kruger
Oorblyfsels van ’n vorige ongelukstoneel. Foto: Corlia Kruger
Oorblyfsels van ’n vorige ongelukstoneel. Foto: Corlia Kruger

LEES OOK: Inwoner vertel van ‘Kruising van die dood’

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button