Local newsMunicipalNews

Woede oor weste se plakkers

Inwoners van Gomorrah (Malusi 2) sal verskuif word na waar hulle toegang tot water en elektrisiteit sal hê.

Inwoners naby Pretoria-Wes se informele nedersettings Gamorrah en Malusi was hierdie week in rep en roer.

Verskeie kla dat hulle nie geraadpleeg is oor planne om sommige van die plakkers te verskuif nie.

Die gevolg daarvan was dat spoke van grondbesetting gesien is – met konfrontasie as die uiteinde.

DA-raadslid Frik van Wyk sê die inwoners van Gomorrah (Malusi 2) word verskuif na ’n plek waar hulle water- en elektrisiteitaansluitings sal kry met vooruitbetaalde meters.

LEES OOK: AfriSake bied suksesvolle inligtingsessies oor grondonteiening aan in Pretoria

Hy sê die inwoners van die informele nedersettings sal ook toegang kry tot munisipale dienste.

“As hulle toegang tot die munisipale dienste kry, beteken dit ook dat hulle daarvoor gaan moet betaal,” sê hy.

Hy sê die plan is om erwe in te rig oorkant die veld waar die plakkers nou is.

“Hierdie erwe sal ongeveer 30m wees van die laaste huis in die aangrensende residensiële gebied,” sê hy.

Infografika: Kayla van Petegem

Die betrokke bewoners van die informele nedersetting is verlig, maar hul bure is bra bitter.

“Hier vind ontwikkeling rondom ons plaas, maar die gemeenskap is glad nie daaroor ingelig nie,” sê een van die inwoners.

“Wanneer ons navrae doen oor die ontwikkeling, word aan ons gesê dat die nodige toestemming reeds verkry is. Hierdie saak is beslis nie met ons bespreek nie.”

Sy sê die gevolg was ’n ongelukkige misverstand.

VIDEO:

“Toe ons sien hoe hulle die plakkershuise opslaan, het ons dadelik gedink dit het te doen met grondbesetting,” sê sy.

“Ons het natuurlik ’n einde daaraan probeer bring, wat gelei tot ’n bakleiery tussen ons en die plakkers.”

Die polisie het die struweling vinnig in die kiem gesmoor en niemand is beseer nie.

VIDEO:

Die nuwe plakkerskamp word ingerig. Foto: Kayla van Petegem
’n Inwoner staan voor die plakkerskamp. Foto: Kayla van Petegem
Nuwe verwikkelinge by die vleiland in Booysens. Foto: Verskaf
Nuwe verwikkelinge by die vleiland in Booysens. Foto: Verskaf

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button