CrimeLocal newsNews

LUISTER: Studie oor leë erwe in die Moot

“Leë erwe gaan gepaard met sluipslapers, vullis, dwelms en ’n oorgroei van plantasie.”

’n Graad 12 Moot-inwoner en leerder aan die Afrikaanse Hoër Meisieskool is huidiglik besig om ’n studie te doen oor hoe om ’n einde aan leë erwe in Pretoria te bring.

“Ons het ’n opdrag gekry om ’n omgewingsprobleem in ons area te identifiseer en moontlike oplossings daarvoor te kry,” sê La-Rochelle Bekker.

Bekker sê sy het gesien dat leë erwe ’n groot probleem in veral die Moot-area is.

LEES OOK: LUISTER: Moedeloos oor leë eiendomme in die Moot

“Tydens my studie het ek ook gesien dat leë erwe [dikwels] gepaard gaan met sluipslapers, vullis, dwelms en ’n oorgroei van plantasie,” sê sy.

Bekker het spesifiek ondersoek ingestel op ’n leë erf in Beyerstraat, Rietfontein.

DA-raadslid Elmarie Linde sê hierdie erf is ’n doring in die vlees vir die metro.

LEES OOK: Neglected houses still sticky point in the Moot

“Ons sukkel ook vreeslik om die vorige eienaar in die hande te kry omdat sy telefoonnommer nie meer bestaan nie,” vertel Linde.

Die leë erf in Beyerstraat. Foto: Kayla van Petegem

Linde sê die eiendom se uitstaande munisipale rekening beloop omtrent R130 000.

Bekker sê sy het ’n korttermyn-oplossing vir die probleem.

LEES OOK: ‘Ghost mall’ worries Moot residents 

“Omdat die stadsraad sukkel om die vorige eienaar in die hande te kry, kan hulle net reageer deur die erf kort-kort skoon te maak,” sê sy.

“As die eienaar of vorige eienaar opgespoor kan word, kan daar gekyk word na langtermyn-oplossings.”

Die leë erf in Beyerstraat. Foto: Kayla van Petegem
Die leë erf in Beyerstraat. Foto: Kayla van Petegem

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button