CrimeLocal newsNews

VIDEO: Capital Park loods nuwe selfoontoepassing

Die toepassing gee inwoners toegang tot alle noodnommers en ander belangrike nommers in die gebied.

Inwoners van Capital Park kan met behulp van ’n nuwe selfoontoepassing (oftewel “app” in Engels) maklik misdade by die polisie aanmeld, sowel as probleme rapporteer by die munisipaliteit.

Dié toepassing is vrygestel deur die GPF in Capital Park en gee inwoners toegang tot alle noodnommers en ander belangrike nommers in die gebied.

GPF-lid Chris de Bruin het die toepassing ontwikkel op “groot aanvraag van die gemeenskap”.

“Daar was gedurig boodskappe op ons WhatsApp-groepe wat vra vir nommers,” sê hy.

“Nou is alle telefoonnommers verkrygbaar op die toepassing – jy tik net die sleutelwoord in.”

LEES OOK: Missing man found dead in Moot hospital

Vir statistiese doeleindes kan inwoners selfs misdade op die toepassing aanmeld nadat hulle die saak by die polisie aangemeld het.

Inwoners kan ook munisipale probleme deur middel van die toepassing aanmeld.

“Die toepassing sal dan direk aan die betrokke munisipale amptenaar in die regte formaat, ’n e-pos stuur,” sê De Bruin.

Hy sê die toepassing is op 28 Maart geloods en is reeds baie suksesvol.

“Ons het op hierdie stadium 210 gebruikers en die toepassing word ongeveer 27 keer per dag gebruik,” sê hy.

“Volgens die statistieke is daar ongeveer 900 mense wat al die toepassing gesien het.”

De Bruin sê die toepassing is gefokus op inwoners van Capital Park.

Hy sê die hoofdoel van die toepassing is om dit vir inwoners makliker te maak om met die Tshwane metro te kommunikeer.

Hy sê hy hoop dat die toepassing ’n inligtingsbron vir die gemeenskap sal wees.

“Met die toepassing op jou selfoon en jou selfoon altyd by jou, sal inwoners ten alle tye toegang tot hierdie inligting hê deur net ’n paar knoppies te druk,” sê hy.

De Bruin sê tesame met die toepassing, het die GPF ook ’n nuwe afdeling gestig.

LEES OOK: Twee Moot-sterftes steeds ondersoek

CPF Cares is verlede week gestig as gevolg van ’n groot leemte in die gebied van inwoners wat swaarkry.

“Ons het ’n fisiese ‘omgee-netwerk’ gestig wat daar sal wees om hierdie inwoners te help,” vertel hy.

“Ons wil nie ’n organisasie wees wat net die heeltyd kos gee nie – ons wil kan help waar ons kan.”

Toegang tot CPF Care is ook op die toepassing verkrygbaar.

Die toepassing is gratis en kan aanlyn afgelaai word vir beide Android- én Apple-selfone.

VIDEO:

LEES OOK: NUUSFLITS: Lyk ontdek in die Moot

Chris de Bruin. Foto: Kayla van Petegem
Mark Gray saam met Anthony Smith van die GPF. Foto: Kayla van Petegem

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button