CrimeLocal newsNews

Pta-weermag skieter vas in Limpopo

Pa sê hy is verlig dat sy dogter se skieter agter tralies is, al is dit vir ’n ander saak.

Die weermaglid, wat ’n jong vrou verlede jaar in die noorde van Pretoria geskiet het, bly in aanhouding in Limpopo ná sy betrokkenheid by ’n rooftog.

Jacob Marakalla is in April saam met twee medepligtiges vasgetrek na die roof by ’n sakeonderneming in Limpopo.

Dít terwyl hy op aanklag staan van poging tot moord.

Marakalla  het op 10 Augustus 2017 die 28-jarige Carine van Staden trompop in die bors geskiet in die noorde van Pretoria.

Die koeël het Van Staden se hart rakelings gemis en haar long getref.

LEES OOK: OPVOLG: Weermaglid weer in hof na skietery

Marakalla is aanvanklik aangekla vir die rig en afvuur van ’n vuurwapen.

Die saak is later verander na poging tot moord, maar Marakalla was nooit hiervoor in hegtenis geneem nie.

Van Staden se pa Johan sê hy en sy dogter is verlig dat Marakalla nou in aanhouding is.

“Ons was bang dat hy ons sou begin dreig het,” sê Johan.

“Carine sterk goed aan na sy geskiet is, maar sy sal nooit weer dieselfde wees nie.”

Marakalla, wat die bestuurder is vir ’n generaal in die weermag, het ten tye van die skietery glo in ’n militêre voertuig gery.

Van Staden het vroeër vertel hoe Marakalla haar en haar verloofde op ’n motorfiets gestamp en toe weggery het.

Haar verloofde het die voertuig agternagesit en by ’n verkeerslig het Van Staden van die motorfiets afgeklim om die bestuurder te konfronteer, toe sy geskiet is.

Marakalla is tydens sy inhegtenisname in Limpopo ook in ’n militêre voertuig vasgekeer.

Dié luukse 540i BMW was glo vir vervoerdoeleindes aangeskaf en betaal deur die Suid-Afrikaanse Nationale Weermag (SANW).

Limpopo-polisiewoordvoerder brigadier Motlafela Mojapelo het aan Rekord bevestig dat Marakalla in aanhouding sal bly tot sy volgende verskyning in die hof op 17 Mei.

Marakalla sal dan weer einde van die maand in Pretoria verskyn op aanklag van poging tot moord.

Die SANW kon nie bereik word vir kommentaar nie.

Foto: Facebook

LEES OOK: OPVOLG: Weermaglid binnekort weer in hof oor skietery in die noord

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button