CrimeLocal newsNews

Yorkie uit erf gesteel in Pretoria

“Hy kry angsaanvalle en net ek kan hom kalmeer.”

’n Vrou van Capital Park bied ’n R1 000-beloning aan enigiemand wat haar hondjie, wat glo uit haar erf gesteel is, veilig aan haar kan terugbesorg.

Elna Oosthuizen sê haar Yorkshire-terrier het Sondag spoorloos verdwyn, nadat twee mans naby haar huis gewaar is.

“’n Ooggetuie het twee mans in ’n silwer of grys dubbelkajuitbakkie gesien voor my erf staan,” vertel Oosthuizen.

“Een van die mans was nog jonk – ’n seun saam met ’n ouer man.”

Sy sê haar hondjie, MacGyver, sou nie op sy eie uit die erf kon kom nie.

LEES OOK: OPVOLG: ‘Vriende’ van moord-slagoffer weer in die hof

“My ‘kinders’ ken glad nie die strate nie. Hulle slaap by my in die huis,” vertel Oosthuizen huilend.

Sy sê sy het ses maande gelede na Capital Park verhuis.

“Hoe gewetenloos kan ’n persoon wees om iemand se ‘kind’ te steel?”

Oosthuizen sê: “MacGyver sal nie op sy eie kan oorleef nie. Hy kry angsaanvalle en net ek weet hoe om hom te kalmeer.”

’n Eienaar van ’n diereskuiling in die noorde van Pretoria sê sy ontvang gereeld oproepe van gesteelde en vermisde diere.

Cilla Trexler van die Wollies-diereprojek sê: “Daar is ’n groot probleem in ons omgewing waar diere op straat verkoop word – diere wat vermoedelik gesteel is.”

Trexler sê dié gevalle word by die Dierebeskermingsvereniging (DBV) aangemeld.

“Dit is baie belangrik dat mense onmiddelik vermiste en moontlik gesteelde diere aanmeld,” maan Trexler.

“Gebruik sosiale media en stel ook jou buurtwag en sektorpolisie in kennis.”

Volgens Trexler bly die inplanting van ’n mikroskyf (microchipping) onder die dier se vel steeds die mees betroubare manier om te verseker dat troeteldiere opgespoor kan word.

LEES OOK: Bejaarde gekul en besteel by supermark in die noorde

Infografika: Corlia Kruger

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button