CrimeLocal newsNews

Dieremishandeling in die weste

“Sommige van die inwoners wat daar woon kan nie eens na hulself kyk nie, maar hulle wil diere aanhou.”

Nóg ’n saak van dieremishandeling en verwaarlosing het sy kop uitgesteek, hierdie keer in die weste van Pretoria.

Booysens-inwoner Charmaine Rademeyer sê die nuutste geval het by die informele nedersetting in Bremerstraat plaasgevind.

“Die honde was betrek met siektes en uitgehonger,” sê ’n emosionele Rademeyer.

“Sommige van die inwoners wat daar woon kan nie eens na hulself kyk nie, maar hulle wil diere aanhou.”

Rademeyer sê sy het vir Wollies in die noorde van Pretoria ingelig en hulle het die hond verwyder.

Sy sê daar was nog ander honde op die perseel.

“Die diere kan nie vir hulself praat nie, dit is baie onregverdig teenoor hulle,” sê sy.

“Ek dink nie ek was al ooit in my lewe so kwaad nie.”

Rademeyer sê ’n ander probleem is die honde wat oor die pad hardloop.

“Hulle word nie behoorlik toegemaak nie en Bremerstraat is oor die algemeen baie besig,” sê sy.

LEES OOK: Honde weer in die weste vergiftig

“Ek moes al in die verlede twee honde met my kar vervoer om hulp te kry as ’n kar hulle raakgery het.”

Sy sê dit was ook nie die eerste keer wat sy diere op die perseel laat verwyder het nie.

“Ek moes ook al in die verlede die stadsraad vra om karkasse van die honde te laat verwyder,” sê sy.

Rademeyer sê sy het die saak by die Dierebeskermingsvereniging (DBV) aangemeld.

Colleen Bennett van die DBV sê sy het die saak na die inspekteurs-eenheid in Centurion gestuur vir verdere ondersoek.

DA-raadslid van die wyk, Elma Nel sê sy is teleurgesteld dat inwoners diere mishandel.

“Ons het ’n verantwoordelikheid om die diere te beskerm en nie te verwaarloos nie,” sê sy.

“God het hulle onder ons sorg vertrou en dan doen sommige mense dit – dit maak my hart baie seer.”

Nel sê sy sal van haar kant af ondersteuning bied oor die saak.

“As ’n diereliefhebber, is dit iets wat ek baie naby aan my hart dra,” sê sy.

LEES OOK: Yorkie uit erf gesteel in Pretoria

Die hond was by die Bremerstraat informele nedersetting verwyder. Foto: Verskaf

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button