SKOOL: Laerskool Wierdapark: Skaakmat vir jou, ou-maat!
Dit gebeur amper nooit dat dogters kwalifiseer as bord 1-spelers nie. Baie geluk Wieries!
Tydens die Super 12-skaakkompetisie vir laerskole by die Groenkloof-kampus op Saterdag, 5 Mei het Laerskool Wierdapark se senior-span goud gewen uit 22 deelnemende spanne.
Hul juniorspan verwerf ’n silwer medalje in ’n aparte afdeling, ook uit 22 deelnemende spanne.
Gesamentlik het die skool as algehele naaswenners geëindig.
Thiana Prinsloo het bord 1 vir die senior-span gespeel en Helen Rautenbach bord 1 vir die juniors. Dit gebeur amper nooit dat dogters kwalifiseer as bord 1-spelers nie. Baie geluk Wieries!
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
