CrimeNews

OPVOLG: Verdagtes kry lewenslank vir Moot mangat moord

Hulle het ook addisionele tronkstrawwe gekry wat wissel van 28 tot 55 jaar.

Die drie persone wat aangekla was vir die moord op ‘n oud-polisieman is gevonnis tot lewenslank in die tronk.

Hulle het ook addisionele tronkstrawwe gekry wat wissel van 28 tot 55 jaar.

Rekord het vroeër berig dat Estelle Reddy, Gerhardus Papenfus en Kevin Johnson Maandag by die hooggeregshof skuldig bevind is aan die moord op Danie Dreyer.

LEES OOK: OPVOLG: Moot moorde nogsteeds ondersoek

“Die presiese oorsaak van Dreyer se dood kon nie bepaal word as gevolg van sy ontbinde lyk nie, maar daar is in die nadoodse ondersoek bevind dat hy verskeie ribfrakture opgedoen het,” het regter Bert Bam gesê.

“Die oorledende is beslis erg beseer in ’n aanval wat gespruit het uit ’n beplande rooftog.”

Bam het ook bevind dat hulle met ’n gemeenskaplike doelwit opgetree het, alhoewel nie al vier die beskuldiges deurentyd teenwoordig was nie.

LEES OOK: OPVOLG: Skokkende inligting oor Moot oud-polisieman se moord

Die drie beskuldiges is ook skuldig bevind aan roof met verswarende omstandighede.

Reddy en Papenfus is ook skuldig bevind aan brandstigting omdat hulle Dreyer se kamer aan die brand gesteek het om van die bewyse ontslae te raak.

Die twee is ook skuldig bevind aan die besit van ’n onwettige vuurwapen.

LEES OOK: OPVOLG: Moordverdagte op Moot mangat moord weer vir mediese behandeling

Papenfus is ook skuldig bevind aan die besit van dwelms.

Dreyer se lyk is op 4 April 2016 by Flowerstraat in ’n mangat gekry.

Reddy het speurders na ’n adres in Flowersstraat gelei waar Dreyer se lyk in ’n mangat gelaat is.

Papenfus, Johnson en Furst het glo sy lyk daarheen gebring.

Volgens ’n vroeë getuienis deur Reddy, nadat Dreyer gesterf het is sy lyk eers vir drie dae in die basis van die bed versteek, suur is toe glo oor die lyk gegooi in ’n beweerde poging om van bewyse ontslae te raak.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button